Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 04 FEBRUARIE 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van ʼn Stil Sleutel

Dit is met leedwese dat die Boland ARK moet aankondig dat die sleutel van Hans Nothling, ZS1WZ, op Saterdag 27 Januarie stil geword het. Hans het in 1961 by Tak Boland en die SARL aangesluit. Hans was ook 'n ere-lid van die Boland ARK en hy was 89 jaar jonk.

Ons betuig ons innige simpatie aan sy vrou Eileen, kinders en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE ANTIEKE DRAADLOOS VERENIGING GELYKGOLF AKTIWITEITSDAG VANMIDDAG

KORT SPORADIESE-E OPENING OP 27 JANUARIE

en

DIE RADIO ZS ANTENNA ONTWERP KOMPETISIE

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE ANTIEKE DRAADLOOS VERENIGING GELYKGOLF AKTIWITEITSDAG VANMIDDAG

Vanmiddag 4 Februarie van 15:00 tot 17:00 SAT kan jy deelneem aan die Antieke Draadloos Vereniging se Gelykgolf Aktiwiteitsdag Die doel van die Gelykgolf Aktiwiteitsdag is sodat deelnemers soveel amateurs as moontlik op die 20, 40 en 80 meter amateur bande met gelykgolf kan kontak. Daar is 5 kategorieë van deelname met QRP en hoë krag gebruik. Sertifikate sal uit gegee word aan die hoogste punte behaal in elke kategorieë. Frekwensies tussen 14 000 tot 14 060 kHz; 7 000 tot 7 035 kHz en 3 500 tot 3 560 kHz kan gebruik word en die uitruiling is ‘n RST verslag, jou roepsein en ruit vierkant. Logstate in ADIF of Excel formaat moet gestuur word na andyzs6ady@vodamail.co.za. Lees asseblief voor 15:00 vanmiddag die 2018 SARL Blou boek vir al die relevante inligting.

DIE SARL NASIONALE VELDDAG EN DIE CQ WPX RTD KOMPETISIE VOLGENDE NAWEEK

Volgende naweek, 10 en 11 Februarie kan jy deelneem aan die Nasionale Velddag wat vanaf 10:00 UTC op Saterdag tot 10:00 UTC op die Sondag plaasvind, asook die CQ WPX RTD kompetisie wat oor die hele naweek plaasvind met enkel operatuers wat tot 30 ure beperk word.

Die aktiwiteit vir die Nasionale Velddag vind op 160, 80, 40, 20, 15 en 10 meter plaas en jy kan foon, gelykgolf, RTD en PSK gebruik. Die uitruiling is die aantal senders, die Velddag-deelname klas en die provinsiale afkorting. Die stuur van 'n RS of RST verslag is opsioneel - dit het niks met die telling te doen nie. Daar is ses klasse van deelname - Klas A - Veldstasie, Multi-operateur; Klas B - Veldstasie, Multi-operateur, QRP; Klas C - Veldstasie, Enkel operateur; Klas D - Veldstasie, Enkel Operateur, QRP; vir die meer avontuurlike Klas E - Ultra Lig Draagbaar en natuurlik Klas F - Algemene Stasies vir diegene wat nie uit die huis mag gaan nie! Verwys asseblief na die 2018 SARL Blouboek vir alle relevante inligting oor die opstel van die stasie, die telling en ander besonderhede.

Logstate in die ADIF-, Cabrillo- of MS Excel-formaat met 'n opsommingsblad met die naam "my roepsein NFD," word teen 18 Februarie per e-pos aan contest@sarl.org.za gestuur. Let asseblief op die nuwe adres vir jou logstate. En moenie die foto's van jou stasie in aksie vergeet nie.

Besoek www.cqwpxrtty.com vir al die inligting oor die CQ WPX RTD kompetisie.

KORT SPORADIESE OPENING OP 27 JANUARIE

Om 08:47 UTC op 27 Januarie 2018 het Willie, ZS2CC, 'n Sporadiese E-opening op 11 meter gerapporteer, terwyl hy later 'n opname van die 50,044 MHz baken van Polokwane gepos het. Willie het toe 'n tweerigting sporadiese E-kontak met Paul, ZS6NK gemaak. Rondom 09:19 UTC het Paul, ZS6NK berig die band was besig om af te gaan. Pieter, V51PJ, het Paul begin roep en later na FSK441 oorgeskakel. Om 09:59 UTC het Chris, ZS1TX, 'n video van die 50,044 MHz baken in Kaapstad geplaas en ZS6NK en V51PJ het hul digitale QSO gemaak. Willie, ZS2CC, het om 10:13 UTC berig dat die 11 meter-band ook gesluit is.

DIE RADIO SE ANTENNA ONTWERP KOMPETISIE

Ses inskrywings is ontvang vir die Radio ZS Antenna Ontwerp kompetisie wat bestaan uit een inskrywing vir die lae kategorie, drie vir die middel kategorie en twee vir die hoë kategorie. Die ses inskrywings is in die Januarie en Februarie 2018 uitgawes van Radio ZS gepubliseer. Dankie aan Rory Norton, ZS2BL, wat die dubbelband-antenna vir die Hoë kategorie geborg het en aan Dennis Green, ZS4BS, wat die ander drie pryse geborg het.

Die wenner van die Lae kategorie is Eddie Leighton, ZS6BNE.
Die wenners vir die middel kategorie is Rob Bareham, ZS1SA en Andrew Roos, ZS5U
Die wenner van die Hoë kategorie is Christie Grobbelaar, ZS4CGR.

Wel gedaan, Eddie, Rob, Andrew en Christie!

SLUITINGSDATUM VIR DIE PEARS BHF/UHF KOMPETISIE LOGSTATE

Die sluitingsdatum vir die PEARS Nasionale BHF- en UHF kompetisie is Woensdag 14 Februarie 2018. Dit gee almal genoeg tyd om hul logstate in enige vorm wat hulle wil, voor te berei, weer te kontroleer vir akkuraatheid en dit dan aan PEARS te stuur. As jy probleme met die berekeninge het, sal ons dit graag vir jou doen. Ons benodig soveel as moontlik logstate, ongeag die tellings, om 'n kaart van BHF-aktiwiteit voor te berei, insluitend voortplantings toestande gedurende die kompetisie dae. Die adres vir jou logstate is die Port Elizabeth Amateurradiovereniging, Posbus 10402, Linton Grange 6015, Port Elizabeth of per e-pos aan mikecbosch@gmail.com.

KANADESE RADIO AMATEUR VIND HERLEEFDE NASA SATELLIET

Wanneer hy nie op amateur radio is nie, soek Scott Tilley, VA7LF, 'n amateur sterrekundige, spioen satelliete. Volgens 'n onlangse berig in Spaceweather.com, gebruik Tilley 'n S-band radio by sy huis in Roberts Creek, Britse Colombia en soek deur die ruimte vir radio-seine van geklassifiseerde voorwerpe wat om die aarde wentel. Vroeër hierdie maand het hy die kenmerke van IMAGE (Imager vir Magnetopause-to-Aurora Global Exploration) gesien, 'n NASA-ruimtetuig wat vermoedelik in Desember 2005 dood is. Die ontdekking het ruimte wetenskaplikes verheug.

"Die lankal weg en amper vergete IMAGE-ruimtetuig het teruggekom en is deur 'n amateur sterrekundige bespeur," het mnr. Richard J. Burley, Sending Bestuurder by NASA se Goddard Ruimte Vlug Sentrum (GSFC) gesê en dit bevestig dat wat Tilley gesien het, IMAGE. Amateur waarnemer Paul Marsh, M0EYT, in die Verenigde Koninkryk, het die eerste onafhanklike bevestiging van die IMAGE sein voorsien. Op 29 Januarie het NASA gesê dat waarnemings vanaf vyf plekke is in ooreenstemming met die RF-eienskappe wat van IMAGE verwag is.

Lees meer in die ARRL-brief gedateer 1 Februarie 2018.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie en daar word geen sonfakkels verwag nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vanmiddag – die ADV Gelykgolf Aktiwiteitsdag
10 – 11 Februarie – die SARL Nasionale Veld dag en die CQ WPX RTD kompetisie
13 Februarie – Wêreld Radio Dag
14 Februarie - sluitingsdatum vir PEARS BHF/UHF logstate
17 Februarie – die SARL Jeug Naelloop
17 en 18 Februarie – die ARRL DX Gelykgolf Kompetisie
24 Februarie – die Wesrand ARK Snuffelmark
25 Februarie – die SARL Digitale Kompetisie
28 Februarie – die sluitingsdatum vir voorstelle en opsomming vir AMSAT SA Ruimte Simposium dokumente en die sluitings datum vir nominasies vir die SARL Amateur Radio Eregallery

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Vanmiddag 4 Februarie van 15:00 tot 17:00 SAT kan jy deelneem aan die Antieke Draadloos Vereniging se Gelykgolf Aktiwiteitsdag Die doel van die Gelykgolf Aktiwiteitsdag is sodat deelnemers soveel amateurs as moontlik op die 20, 40 en 80 meter amateur bande met gelykgolf kan kontak. Daar is 5 kategorieë van deelname met QRP en hoë krag gebruik.
Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003